1 KORINTIËRS 9:26

1 KORINTIËRS 9:26

Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie

Die opspraakwekkende boksgeveg tussen Floyd Mayweather en Conor McGregor is nou geskiedenis. (Mayweather het McGregor in die tiende rondte met ‘n tegniese uitklophou verslaan) Die geveg het die verbeelding van mense wêreldwyd aangegryp en weddenskappe is ywerig beklink. Sommige is nou opgewonde en ander is hul geld kwyt. Darem snaaks waarop mense geld verwed.
Wikipedia stel die sport so aan die woord:
“Boks is ‘n taktiese vegsport. Twee teenstanders probeer punte aanteken deur met vuiste na mekaar te slaan. Dié gebeur met enkelhoue, of ‘n kombinasie van verskillende houe; die direkte hou, die ophou en die hoek”.
Wat die geskiedenis van die tweegeveg betref stel Wikipedia dit as volg
“While humans have fought in hand-to-hand combat since before the dawn of historyboxing as an organized sport may have its origin in the ancient Greeks as an Olympic game in BC 688”.
Boks was dus al in Paulus se tyd bekend. Hy vergelyk Christenwees met ʼn boksgeveg. Houe moet berekend, strategies en effektief wees. Wie in die lug slaan sal geslaan word. Daar is ʼn duidelike opponent en hy moet takties uitoorlê word. Die tegniek, benadering en verassings wat uit die hoek van die teëstander mag kom word vooraf bestudeer sodat jy nie onvoorbereid gevang word nie. Die ideaal is seker om die opponent uit te skakel deur hom grond toe te stuur.
Gelowiges is ook in ʼn geveg betrokke. Dis ʼn geveg tot die dood. Ons opponent is ook ons vyand en het geen goeie bedoelings met God se kinders nie.
Hy is reeds uitgeslaan. Dit het aan die kruis van Golgotha gebeur. Hy aanvaar die uitslag egter nie geredelik nie en matig homself steeds mag en invloed toe. Sommige mense laat hulle deur sy gebrul mislei en intimideer.
Ons mag nie doellose houe slaan nie. Ons moet stategies en takties effektief wees.
Ken die vyand en tree hom tegemoet geklee in die volle wapenrusting van Efes. 6

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 16.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 16.0px Helvetica; color: #222222; -webkit-text-stroke: #222222; background-color: #ffffff}
p.p3 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 16.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000; background-color: #ffffff}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 16.0px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}
span.s3 {text-decoration: underline ; font-kerning: none; color: #0b0080; -webkit-text-stroke: 0px #0b0080}