Wie maak dan die wolke?

Karlu, een van ons drie wondelike kleinkinders vertel nou die dag vir ouma dat hy die plek gesien het wat die wolke maak.

“Ek het altyd gedink dit is Jesus wat die wolke maak, sê hy, maar toe sien ek dis nie Hy nie.”

Maak nie saak hoe hard ouma probeer om te verduidelik dat dit nie wolke is nie maar gasse en rook van ń fabriek, hoe meer beslis raak hy. 
Dis regte wolke hou hy vol.

Ons leef in ń merkwaardige tegnologiese eeu. Daar word tans lewendig besin oor die implikasies van ń vierde industriële rewolusie op ons menswees. Die moontlikhede wat reeds gebied word en dit wat voorsien word is duiseligwekkend. Die gevaar is groot dat ons die misterie en verwondering wat by kinders van God hoort kan verloor.

Hy is die alleroorvloedigste Bron van alles wat goed en mooi is. Voor enige uitvindsel was en is Hy daar. Elke gawe kom van Hom. Hy skenk die vermoë. Hy laat ons bloot ontdek wat Hy in sy Goddelike wysheid reeds weet en Hy weet alles.

Wie maak die wolke?

Wetenskaplik verklaar 
“Wolke is massas baie klein druppeltjies water of yskristalletjies wat in die lug hang. Eers was dit onsigbare waterdamp (kyk die afdeling heel onderaan hierdie bladsy), maar nou het dit tot spikkeltjies vloeistof of ys verdig.”

http://www.mieliestronk.com/9watervorms

Wie maak die wolke?
Met kinderlike verwondering ….

JESUS

JOB 38:37 Wie het die kennis om genoeg wolke bymekaar te bring, om hierdie waterkruike van die hemel om te keer?

Jannie Pelser