Wat van ons kinders?

Net toe ek reken die chaos in die parlement het tot ’n einde gekom, spring die EFF en die DA aanmekaar en dam mekaar met die vuis by. Die arme Speaker roep hulle herhaaldelik tot orde deur die mees gelade woorde …“honorouble members, honourable members”. Ek weet nie wat “honourable” is aan swak gedrag, oor en weer beledigings en opstandigheid nie.

Die parlement lyk dikwels soos ‘n klomp kinders wat aanmekaar spring omdat iemand iets lelik van die ander se pa of ma gesê het. Dalk moet die parlementêre etiek-komitee help met ’n kursus in konflikhantering en hoe om verskille vreedsaam op te los. Natuurlik lê daar ook politieke opportunisme in die optrede. Tyd raak min na die 2019 verkiesing toe, en die meeste deelnemers daaraan se verkiesingsbeloftes en strategiee het maar min om die lyf. Tans stem ’n mens sodat daar ’n stewige opposisie is, eerder as oortuiging, want die vet weet, as ons toekoms van enige van die huidige rolspelers afhang, het ons probleme.

Waar is die leierskap en integriteit wat ’n mens gaande maak en aan die hart gryp? Toegegee, daar is hier en daar partye wat in wese kerngesond is, terwyl die ander mekaar, en ander, se vuil wasgoed in die openbaar was by gebrek aan iets beter om te doen. Die howe het hul hande vol net om politici uit mekaar se hare te hou.

Ek reken steeds dat mnr. Ramaphosa ons beste hoop op die toekoms is, mits hy die moed aan die dag lê om klaar te maak wat hy begin het. Sy optrede dwing myns insiens respek af en hy gedra hom soos ’n staatsman … wel, meeste van die tyd.

Een van die vrae wat geopper is in die nasionale vergadering was die nood wat onder ons skoolgaande kinders is. Die EFF van alle partye by monde van MP Mbuyiseni Ndlozi het gevra waarom polisie, eerder as maatskaplike werkers en goed opgeleide en eerbare onderwysers, gestuur word om probleme op te los. Mnr. Ramaphosa het die spreker gelyk gegee en voorgestel dat ons kollektief verantwoordelikheid aanvaar vir die krisis waarin ons kinders hulself bevind.

Ons lees voortdurend van ’n gebrek aan dissipline, opstandigheid, geweldadige optrede en bedreigde onderwysers. Kinders gebruik dwelms op die skoolterrein, nie dat dit elders aanvaarbaar is nie.

Ons kinders is ontwrig en die stand van sake in ons land moet deels daarvoor aanspreeklik gehou word. In ’n artikel lees ek die skrywer vra hoe kinders en jongmense dink oor ons land en die optrede van ons politici en leiers. Mnr. Malusi Gigaba se oneerbare optrede word waarskynlik druk deur leerders bespreek. Hulle sien hoe mense wegkom met hul streke, nie verantwoordelikheid aanvaar vir hul optrede nie en verbete vashou aan hul posisie. Mnr. Nene se voorbeeld van eerbare uittrede uit die openbare lewe is ‘n seldsame verskynsel en klaar vergete.

HOWARD FELDMAN skryf: “ We are deeply naïve if we think that our children don’t see what is happening in Parliament, that they don’t know about the Gigaba video and that they don’t see us laughing at the president. And we all need to accept that when adults behave badly, our kids will follow”.

Leierskap moet myns insiens ’n groot deel van die verantwoordelikheid dra vir die vakuum wat ons kinders en jong mense beleef. Die groot taak van ’n ouerhuis waar ’n waarde-gebaseerde opvoeding gevolg word, kan nie genoeg onderstreep word nie. Doop en ander beloftes moet gestand gedoen word en wanhoop moet plek maak vir geloofsvertroue.

Ouers en opvoeders moet vir en met ons kinders bid. Die aanslag is fel en sonder ’n Bybelse grondslag is hulle uitgelewer aan die magte van die bose.

What About the Children -Yolanda Adams

Tears streaming down, her heart is broken

Because her life is hurting, so am I

He wears a frown, his dreams are choking

And because he stands alone, his dreams will die

So, humbly I come to you and say

As I sound aloud the warfare of today

Hear me, I pray

What about the children

To ignore is so easy

So many innocent children would choose the wrong way

So what about the children

Remember when we were children

And if not for those who loved us and who cared enough to show us

Where would we be today…

Groete, Jannie Pelser