Waarmee is jy besig en is jou hart daarin?

Waarmee is jy besig en is jou hart daarin?

Tydens ʼn leierskap seminaar die afgelope naweek vertel iemand van ʼn atleet wat nie oor die dwarslat van die velditem kon kom nie.
Die afrigter se raad was, spring met jou hart, jou lyf sal volg.
Indrukwekkende raad en buitegewoon waar.
Die verskil tussen slaag of suksesvol wees het dikwels met ʼn mens se ingesteldheid te doen. As die aktiwiteit net nog ʼn noodwendigheid is, ʼn taak wat afgehandel moet word, terwille van ander of die goedkeuring van mense maar nie uit innerlike oortuiging nie, moet ʼn mens nie verbaas wees as jy die stryd iewers gewonne gaan gee nie.
As jou hart in ʼn saak is, dit ʼn saak van innerlike oortuiging, roeping en God se eer is, kan ʼn mens sukses verwag.
Derhalwe die raad, spring met jou hart en jou lyf sal volg.
Waarmee is jy besig en is jou hart daarin?
Gebed
Here, ek wil U met my hele hart dien.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen.