Vat my Hand – Jannie Pelser

Dit is Jannie se agtste CD en is gebore uit sy persoonlike geloofsreis met die Here. Die naam suggereer hande vat op verskeie maniere. Mense onderling, en God en mens. Dit is hierdie betrokkenheid bymekaar wat sin gee aan die lewe te midde van soveel uitdagings. Teen die agtergrond van sy roeping as Evangelie-dienaar wil Jannie hoop bring en sy hart met mense deel. Hy sing omdat sy hart vol is en het die meerderheid van die melodieë en lirieke self geskryf. Sy dogter Ninquja en skoonseun Hansie Roodt sing ook twee pragtige liedere. Hiermee maak hulle hul debuut en die mooi sang sal bekoor. Jannie dra die CD aan sy eggenote Suzette, kinders, kleinkinders en Rant-en-Dal Prisma, sy geestelike tuiste, op. Dit is volgens hom die groot liefdes in sy lewe. Ons deel graag die oggend van seën met jou. Ligte verversings sal na die diens in die kerksaal bedien word.