Vandag is my verjaardag!

Vandag is my verjaardag. Wat as ʼn liefdesdaad tussen my ouers begin het is vandag 64 jaar JONK. Deur die Here se genade is ek so energiek soos ʼn jongman en is die lewe ver te kort om al die drome en ideale te verwesentlik. Derhalwe druk ek deur na honderd en twintig.
As ʼn mens oor jou lewe terugkyk kan ʼn mens met groot dankbaarheid getuig “Genade onbeskryflike groot”.
Dit beteken nie dat daar nie uitdagings was en nie weer sal wees nie. Daar was trane, opgee dae, depressie maar daar was  ook vreugde, ekstase, betekenis, vervulling, bederf meer as wat ek verdien. Iemand het gesê die soet en die suur is die spyse van die lewe. Ons sou die goeie nie waardeer het as dit altyd goed gegaan het nie. Ons sou niks gehad het waarteen ons goedheid kan meet nie. Lig maak net sin wanneer ons donker ken. Baie het net betekenis as ons min ervaar het. Vreugde net as ons somtyds huil.
Ek hoor iemand vertel van haar avokado boom. Die boom wou nie dra nie totdat sy die raad gekry het om dit “seer “ te maak. Toe slaan sy ʼn paar spykers in die stam en stroop ʼn stukkie bas af. Die volgende seisoen hang die take met vrugte.
Ja bevestig iemand anders, hy het dit met sy appelkoosboom gedoen. Jan vertel dat die boom by die wond ( het  ook ʼn aantal spykers ingeslaan) letterlik gehuil het. Julle weet mos hoe lyk dit as ʼn boom huil.
Dit het eweneens die gewenste resultate gehad. Die gedagte is vreemd maar klaarblyklik waar.
Niemand hou van seerkry nie maar dis ten ene male deel van die gebroke werklikheid waaraan ons deel het. Die lewe deel somtyds houe uit, seer houe om sensitiewe plekke.
Daar is tye van snoei vertel die Bybel ons. JOHANNES 15:2
Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dr
God is steeds in beheer. Alles werk ten goede vir die wat Hom liefhet. Hy is Immanuel, God met ons. Hy droog die trane af. Hy gee nuwe krag, moed en deursettingsvermoë.
Ps. 30:6
Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer
Die digter se dit so mooi  
Ps. 126: 5        
Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.
Wat wil ek vir my verjaardag hê?
Vertel iemand van hierdie blog en vra dat Karine hom/haar op die epos lys plaas. (011 6652017)
Laai Toekomsvenster se app. gratis af en luister elke dag na gedagte vir die dag.
Kyk Toekomsvenster op TBN Saterdae 1400. Kruiskyk Woensdae 1830, Sondae 1200, Life Christian Broadcasting Network (nuwe TV kanaal op “free to air”) Sondae 0800.
Besoek Toekomsvenster.co.za en raak betrokke by geestelike groei.
Besoek Maroela Media/Toekomsvenster daagliks.
Bid vir ons.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Seblief.
Groete
Jannie Pelser