Vandag is my verjaardag – Regtig

Een keer in ʼn jaar is jy die middelpunt van belangstelling en dis ook reg so. Iewers in die loop van die geskiedenis het ek en jy ons verskyning gemaak. Goddelik ontplooi vir ʼn tyd soos hierdie. Geen toeval, noodlot of noodwendigheid nie. Alles God se bedoeling.


Vandag is my verjaardag, regtig. Ek hoor sommer jou vraag – wat wil jy vir jou verjaardag hê? Dis mos ʼn mooi gewoonte om die verjaardagmaatjie te bederf, of hoe?


Nou ek neem vrymoedigheid. Help ons om mense wat swaarkry te help. Bemagtig ons ( Toekomsvenster) om mense met vaardighede toe te rus ( ons het tans 15 studente onder die bekwame leiding van ses fasiliteerders wat naaldwerk- en houtwerk vaardighede leer). Ons bederf die kinders van Appelpark met ontspanningsgeriewe en help ook daardie jongmense om hul verder te bekwaam. Ons saai die Evangelie oor TV en radio uit en publiseer dissipelskapmateriaal.


Ons het so baie drome en nog meer beloftes.Bederf my deur maandeliks, eenmalig ( R50, R100…) of hoe jy ook al gelei voel by te dra vir hierdie werk.

Teken ʼn debietorder by jou bank dat jy nie vergeet nie.

Dis saad in goeie grond.

Dit sal my baie baie gelukkig maak en ʼn groot verjaardag geskenk wees.

Toekomsvenster
Standard Bank
Key West tak
Kode 015841
Rekening nommer 420629645


Groete, Jannie Pelser