Vandag is ʼn groot dag

Vandag is ʼn groot dag

“The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.” – Edmund Burke
Ons is bekend met hierdie uitdrukking. Dis veral relevant vir die tyd waarin ons leef. Die magte van duisternis is opgestel teen die Koninkryk van die Lig. Dit kom tot uitdrukking in ʼn samelewing wat dreig om in chaos te verval. Vandag is ʼn waterskeidingsoomblik in die geskiedenis van Suid Afrika. More sal ons terugkyk op die dag en ons vrede moet maak. Dis wonderlik om God met die uitkomste te vertrou. Hy weet altyd beter. Derhalwe bid ons laat U wil geskied soos in die hemel ook so op die aarde.
Intussen doen ons wat ons hand vind om te doen ten einde sout en lig te wees. Dis tog duidelik dat ons nie geroep word om terug te sit en te kyk wat God gaan doen nie. God werk deur mense, mense wat bereid is om sy hande, ore, oë en hart te wees.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Hoe elkeen van ons daaraan uitvoering gee is ʼn persoonlike saak. Sommige sal vandag deel vorm van ʼn parade, ander sal hul stem op sosiale media laat hoor. Ander sal bid en ander sal gesprekke voer. Elkeen het ʼn idee van wat die aangewese ding is om te doen. Daar is kinders van die Here aan alle kante van die politieke spektrum. Dit maak dit kompleks om voorskriftelik te wees. Ons moet mekaar se oordeel vertrou solank jy getrou is aan wat jy dink die Here vir jou sê.