Swart Maandag

Swart Maandag 

Die verkeer staan vroegdag al opgedam soos mense probeer om by hul werkplek te kom.


Ander vorm deel van die protes.

Wat vandag gebeur maak my opgewonde en besorg.
Opgewonde omdat mense opstaan vir wat reg is en nie huiwer om ʼn prys daarvoor te betaal nie.
Ek steun die inisiatief met my hele hart en terwyl dit die aandag veral op die boerdery gemeenskap vestig gaan dit oor die ongeregtigheid wat dreig om hierdie land te oorspoel. Mense van alle agtergronde ly en daagliks word mense aan gevaar en trauma blootgestel.
Besorg  omdat sommige mense die Bybel gevaarlik interpreteer. Gevaarlik omdat sommige mense praat van vergelding. Gevaarlik omdat dit verdere polarisasie tot gevolg mag hê as vergeet word dat ons stryd nie vlees en bloed is nie maar geestelik. Die duisternis is in rep en roer oor hierdie land en al sy mense. Hy vertoon paniekerig omdat Hy weet dat die oordeel God toekom. Verward omdat hy weet dat sy dae getel is.
Ek steun verkeersopeenhopings in alle rigtings vandag.
Ek steun ook skares mense wat Sondag by die erediens opdaag omdat dieselfde ywer hulle na God toe dryf.
Here ons weet nie wat om te doen nie.
Help ons asseblief
Ons land kry swaar.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen