Steek jou verlede verby!

Ek lees nou die dag die aanhaling “ons het die verlede ingehaal en verbygesteek”

Ai, die verlede kan ʼn mens darem karnuffel. Ironies dat dit nie die goeie en besondere van die verlede is wat ʼn mens onthou nie, maar die slegte. In elkeen van ons se verlede is daar dinge wat ʼn mens liefs wil vergeet. Dis deel van die menslike ervaring.

Ons leef nie in ʼn volmaakte wêreld nie en is self ver van volmaak of volledig. Immers, dit is juis wat heiligmaking behels, ʼn gestadigde groei in ʼn Jesus karakter en persoonlikheid. Eendag wanneer Hy op die wolke kom of wanneer Hy ons kom haal sal ons in die volle sin van die woord “so volmaak en volwasse soos Christus” wees. (Efesiërs) Tot dan is ons op reis en is daar sommer baie om te leer.

Die aanhaling hierbo is kosbaar verby. Die verlede lê gewoonlik soos ʼn jakkals voor en wag en bekruip ons op die oomblik wat ons dit die minste verwag. Pleks dat dit bly waar dit hoort, die verlede, lê dit ons in die pad voor. As ons net die regte gesindheid kan kweek om vir eens en altyd met die verlede te deel.

Te vergewe waar dit nodig is,
te bely waar dit gepas is,
te laat los wanneer dit die aangewese ding is om te doen, sal ons die verlede verbysteek.
Tot dan sal dit ons altyd weer en weer inhaal.

Maak klaar met gister.
Dis waarom dit gister (verlede) genoem word.

“Share” seblief en vra dat mense ToekomsVenster se Facebook bladsy “like” sodat hulle die gedagtes kan ontvang.

Sal dankbaar wees!!

Groete, Jannie Pelser