So WIL ons leef

So WIL ons leef

Gesinne; die boustene van die samelewing.

Een van die mooiste gawes wat die Here aan mense kon gee, is die gesinsverband.
In die tyd waarin ons leef is dit ook die plek waar die aanslag die felste is.
Huwelike is onder geweldige druk.  Die eise van ‘n kompeterende wêreld word somtyds onhoudbaar.  Die verwagtinge wanneer dit by ons kinders kom, is met tye onrealisties.  Die lewe het ‘n wedstryd geword waarin de wenner bekroon en die ander vergeet word.  Dit mag uiteraard nie gebeur nie.  Ons moet ons beywer vir gesonde gesinne.  Sulke gesinne het ‘n morele kompas, is waarde-gebaseerd en maak ‘n duidelike keuse om daardie beginsels nie te verwaarloos nie.  Ons samelewing ly erg as gevolg van die moraliteitskrisis.  Dit word allerweë erken as die begin van ons probleme.  Moraliteit, waardes, beginsels, ‘n lewe deur die heilige Gees – soos Jesus sou optree – begin by die gesin.

Hierdie gesinsboek wil gedurende ‘n nege week lange reis ouers en kinders met mekaar in gesprek bring oor die “hoe” van die lewe.
So WIL ons leef