Annes Nel

Annes Nel is in Lambertsbaai gebore.  Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer.  Na 15 jaar in die gemeentebediening (Prieska en Academia) en 10 jaar in die akademiese wêreld, waarin hy onder andere Direkteur van die Ekumeniese Instituut aan die Universiteit van Namibië en medeprofessor in Sistematiese Teologie was (Universiteit van Zoeloeland), het hy na die voltydse gemeentebediening terug gekeer.   Hy is tans predikant in Noord-Ierland.  Annes is die skrywer en medeskrywer van 20 boeke en vertaler van drie ander boeke, insluitende Dietrich Bonhoeffer se boek: Wat dissipelskap kos.  Van sy publikasies sluit Hanteer Depressie, Net jollie goeie mense, Op soek na God buite die kerk?, Die gebed van Salomo, 7 Woorde wat jou lewe kan verander en verskeie Bybeldagboeke in.  Sy passie is om mense daarvan bewus te maak dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is omdat elke mens ’n plek in God se hart het.