Volg Jesus

R120.00

Category:

Description

Volg Jesus

Dissipelskap is `n omvattende saak.  Daar is letterlik geen aspek van `n gelowige se lewe wat hiervan uitgesluit is nie. Dis die integriteit en geloofwaardigheid waarmee Christene elke dag lewe.

Vir te lank het ons `n onverdedigbare dualisme in ons geloofslewe akkommodeer, so asof God nie regtig belangstel in,(benewens ons sg geestelike lewe), die ander aspekte van ons menswees nie.

Ons lėėf by wyse van spreke “geestelik”.

Deon Loots, ‘n kundige oor hierdie onderwerp, help ons om te verstaan dat ons roeping die navolging van Jesus, elke oomblik van elke dag, inhou.

Mense hou mekaar dop. Almal waardeer `n navolgenswaardige voorbeeld. Netso grief `n dubbelslagtige manier van lewe. Die samelewing het daarvan genoeg. Christene mag hulself nie daaraan skuldig maak nie.

As Koninkryksburgers “leef” ons God se “alternatief” ( koninkryk) te midde van die gebrokenheid van die wêreld rondom ons. Ons doen dit op so ‘n manier dat ander ook daarvan deel wil wees. Ons moduleer Jesus op so ‘n wyse dat ons navolgenswaardig is, ook wat ons eie voortgaande leer behels.

Hierdie nege weke reis sal individue,kleingroepe en gemeentes betekenisvol verryk.