Op pad na Heelheid

R120.00

Category:

Description

Op Pad na heelheid

Die lewe is dikwels onvriendelik en bitter min mense kom heeltemal ongeskonde daarvan af. Om stukkend te wees is nie n diskwalifikasie nie, maar om dit te ontken is volstruispolitiek.

Aan die anderkant, om stukkend te bly is gelyk aan die hartseer verlies van die fenomenale potensiaal en bedoeling wat God met jou lewe het.

Ontmoedigde en gewonde soldate is nie baie effektief op die oorlogsfront nie. Miskien is dit een van die redes waarom die kerk sukkel om impak te maak in die wereld. Daar vind te min genesing plaas,die genesing wat God deur sy Gees gee.

Stukkende, siek mense, soek na n geneesheer, vertel Jesus. Genesing is beskikbaar vir wie hom of haar op God sal verlaat.

ToekomsVenster nooi jou uit om jou eie reis na innerlike genesing voluit te loop. Maak dit jou prioriteit om heel te word. Soms is dit ongemaklik en soms is dit seer, maar die vrug daarvan is oorvloedig.

Wat aanvanklik vir jou as n verleentheid bedoel is word deur God omgekeer in noodsaaklike en bruikbare  toerusting vir die lewe.

God verstaan stukkende mense. Dr Annes Nel stel jou in hierdie 45 oordenkings nuut voor aan die oplossing vir jou lewensvrae.