Ons behoort aan mekaar

R120.00

Category:

Description

Geloofsgemeenskap

Mense beleef God dikwels op ‘n afstand.  Daar is verskillende redes hiervoor.  Een daarvan is dat hulle gewoon nie meer ervaar dat God in die wêreld werksaam is nie.

Ek glo die liggaam van Christus kan hierdie negatiewe ervaring verander.

Ek glo die liggaam van Christus wat getrou bly aan die waarheid, Jesus Christus, wat hierdie waarheid verkondig en wat in gemeenskap met Christus al hoe meer soos Hy word, kan die “afstand” van God oorbrug.

Mag hierdie stiltetydgids oor ons liefde vir mekaar jou en jou gemeente help om waarlik God se hande, voete, oë en hart in hierdie wêreld te wees sodat al hoe meer mense sal sê: “As God my Vader is, is die kerk my moeder.”

ToekomsVenster rus die liggaam van Christus toe terwyl ons saam op reis is na 2020.