Die keuses wat ek maak

R120.00

Category:

Description

Dr Chris Harris, outeur van

Die keuses wat ek maak.

Hy is leraar van die NG gemeente Hulp en Hoop Gemeenskapskerk (Mokopane) en direkteur van Celebrate Life Coaching. Dr Chris is ook baie betrokke by die Fresh Expressions beweging. Hy is met Francisca getroud en het ʼn seun, Christiaan en ʼn dogter, Liesel.

Die voorreg om besluite te kan maak en keuses te kan uitoefen is buitegewoon kosbaar. Dit is ingebed in God se skeppingshandeling.

GENESIS 2:17

“ … van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”

Adam en Eva kan besluite neem. Goeie en verantwoordbare besluite en keuses bring die seën van God mee. Onsinnige en onverantwoordelike besluite bring hartseer en verwydering.

DEUTERONOMIUM 30:15

“Ek het vandag die lewe en die voorspoed, die dood en die teenspoed aan jou voorgehou.

Lewenskeuses wil begelei tot ʼn lewe van God verheerlikende keuses. Mag gelowiges hierdie voorreg geloofwaardig uitleef.

DEUTERONOMIUM 30:19

Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe

Ons woon in ʼn wêreld wat steier onder die gevolge van verkeerde keuses. Terwyl die wêreldkultuur opwinding, voorspoed en roem belowe faal dit jammerlik om sy voorneme gestand te doen. Die toenemende chaos is daarvan ʼn klinkklare bewys.

God het ʼn morele kode wat in die liefdesgebod veranker is. Liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Dit behoort die vertrekpunt vir alle besluite wat mense maak te wees.

ToekomsVenster reis na en anderkant 2020. Hierdie is die derde in ʼn reeks van minstens twintig stiltetyd handleidings wat oor die volgende vyf jaar sal verskyn. Enkele minute elke dag, vyf dae ʼn week, met die verdere hulp van kleingroep materiaal en preeksketse kan gemeentes en individue op ʼn opwindende reis neem.

Mag hierdie bundel jou lewe oneindig verryk en sonder kompromie anker in God se onfeilbare Woord.