Die Heilige Gees werk in en deur ons

R110.00

Ook in A6 grootte beskikbaar teen R50.00

Description

Heilige Gees

Die Heilige Gees se teenwoordigheid en werk in en deur gelowiges is onontbeerlik. Daarsonder is daar nie sprake van ‘n energieke en deurleefde getuienislewe nie.

Uiteraard woon die Gees van God in elke ware gelowige. Hy wil (die proses van heiligmaking) al hoe meer aspekte en kompartemente van ‘n Christen se lewe vir sy heiligmakende en bemagtigende werksaamheid ontsluit.

Elza Meyer neem ‘n mens op ‘n opwindende reis deur verskeie aspekte van die Heilige Gees se werk in ‘n gelowige se lewe.

God wil die volle spektrum van Sy genadewerk in elke mens ‘n werklikheid maak. Mag hierdie stiltetydgids bydra om van jou ‘n energieke en relevante getuienis van Jesus se verlossingskrag te maak. Lees ook Elza se blog by www.toekomsvenster.bybelmedia.org.za

Maak die spektrum stiltetyddagboeke reeds beskikbaar deel van jou geloofsreis. Dis ook die ideale geskenk.