Post traumatic growth

Post traumatic growth

Die woorde “post traumatiese stres” het al deel van ons werklikheid geword. Ek hoor bv. vandag oor die radio  hoedat veldwagters deesdae berading moet ontvang as gevolg van die spanning waaraan hul daagliks onderwerp word.
Tradisioneel bestaan die taak van veldwagters uit omgee en sorg vir die wild in bv. die Kruger wildtuin. Die taak word egter erg bemoeilik deur jagters en veral die genadelose jag op renosters om maar een voorbeeld te noem, dat hulle met die spanning nie kan verwerk nie. Berading is hul voorland.
(Die onmenslike jag op wild is ʼn hartseer werklikheid en klik oor die tipe samelewing wat ons besig is om te word).
Terug by ons onderwerp.
Post traumatiese stres verwys na die negatiewe impak wat gebeure op ʼn mens se lewe het en die noodsaak om daarvoor behandeling of terapie te ontvang. Dat dit inderdaad nodig mag wees word nie betwyfel nie. Berading en terapeutiese ingrepe na ʼn slegte ervaring is nodig en tog kan ʼn mens ook vra hoe daardie negatiewe ervaring my wil vorm as ek leef met die wete dat God ook in daardie hartseer, teleurstelling of trauma teenwoordig is.
So gesien bied die stresvolle ervaring aan ʼn mens die geleentheid om te groei en te leer.
Het jy so ʼn ervaring gehad waarmee jy worstel? Praat met iemand wat jou kan help om nie alleen die negatiewe impak daarvan te verwerk nie maar dalk ook die groei potensiaal raak te sien. Sterkte vir jou.
Here, dankie dat vir hulle wat die Here liefhet alles ten goede meewerk.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen