ʼn “Ons” mentaliteit

ʼn “Ons” mentaliteit
Ons leef in ʼn samelewing waar die belang van die individu baie dikwels bo die van die gemeenskap gestel word.
In my lees van Efes. 4 vanoggend het dit my opgeval hoe min die woorde ek en jy gebruik word, trouens benewens een maal met verwysing na Paulus se skrywe vanuit gevangenisskap en een maak verwysend na Jesus (Hy) is al die ander voornaamwoorde wat gebruik word in die meervoud. “Ons” en “almal” kom gedurig voor. Ook “elkeen” staan in diens van die liggaam.
Miskien kan ʼn mens vra hoe die dinge waarmee ek en jy besig is uiteindelik die gemeenskap, met name die geloofsgemeenskap maar nie uitsluitlik nie gaan dien?
Toegegee, daar is so iets soos selfsorg en dis noodsaaklik.
Dis soos die aanwysings voordat die vliegtuig opstyg met betrekking tot die gebruik van suurstofmaskers.
Indien jy nie eerste aan jouself aandag gee nie kan jy nie ander help nie.
Maar die aanwysings is gerig op die ander.
Waarmee sal ons vandag besig wees en hoe bevoordeel en dien dit die ander?
Here, vergewe dat ek partykeer so net met my eie dinge besig is.
Dis nie hoe U ons leer nie.
Amen
Jannie Pelser
Toekomsvenster

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}