ʼn Nuwe week

ʼn Nuwe week

1 Kor. 15: 20      Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.

Ek het vanoggend opgestaan, ek lewe. Jy het vanoggend opgestaan, jy lewe. Gister van Sondag, opstandingsdag. Paulus skryf dat as Christus nie opgestaan het nie ons die bejammerenswaardigste is van alle mense maar die graf IS leeg. Die oorwinning is behaal oor alle negatiewe en bose magte wat in hierdie wêreld werksaam is. Sy opstanding waarborg ons opstanding. Opstanding is ʼn manier van lewe, dis wat ek doen, nl. om die opstandingslewe te leef.
Somtyds kry ek dit reg, ander kere voel dat of die wêreld my onderploeg. Vir ʼn oomblik huiwer ek en voel ek oorweldig en verslaan. En dan die gewaarwording, Christus HET opgestaan. My opstanding by die wederkoms is gewaarborg. Nie alleen aan die einde van die tyd nie maar vandag kan ek en gaan ek opstaan, die lewe in die oë kyk, diep asem haal, besluit dat ek WIL lewe omdat Hy lewe, klaarmaak met negativisme en gevoelens van onmag. 
Ek IS tot ALLES in staat deur Christus Jesus wat OPGESTAAN het.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}