Noodlyn

Noodlyn 

Ek was al daar waar ʼn mens so alleen en verlate voel dat jy sukkel om asem te haal. Daar mag mense rondom jou wees, selfs geliefdes, maar jy is alleen.

Alleen omdat jy dink hulle sal nie verstaan nie.
Alleen omdat jy bang is hulle is teleurgesteld in jou.
Alleen omdat jy nie wil hê hulle moet weet jou voete is ook somtyds van klei nie.

Dis dom

Meeste mense is simpatiek en verstaan beter as wat jy dink. Waag dit vandag met iemand naby jou.
Vertel hoe jy voel en wat jy beleef.
Daar wag waarskynlik ʼn hand op die skouer, ʼn omgee gebed, praktiese hulpbetoon.
Jy hoef nie alleen te wees nie.
As jy vrymoedigheid neem en met iemand praat bevry jy hom tien teen een van sy alleenheid omdat ook hy ook bang is.

GebedHere dankie dat ek nooit alleen is nie.U is ImmanuelGod met onsAmen


p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}