ń Baba wat niemand wil hê nie

Die verkiesing lê nou agter ons en dit voel of ń mens weer kan asemhaal. Omdat ons onverbiddelik glo in die almag van God, ook dat Hy op ń besondere manier met ons besig is in hierdie land, aanvaar ons die uitkoms terwyl ons die toekoms opnuut aan Hom toevertrou.


Hoofregter Mogoeng Mogoeng het dit gister tydens ń seremonie onomwonde gestel watter tipe leiers Suid Afrika nodig het, mense van integriteit. Ons vertrou dat dit nie op dowe ore geval het nie.


Mnr Ramaphosa wat eerdaags waarskynlik as president van SA ingesweer sal word het dit duidelik gestel dat Suid Afrika op ń pad van groei geplaas word waarin daar nie plek vir loodswaaiers sal wees nie. Hy het verder weereens vrese rondom grondonteiening sonder vergoeding besweer ten einde beleggersvertroue aan te wakker.


Politici se oggend en aandpraatjies stem nie altyd ooreen nie maar die hoop beskaam nie. Uiteraard het ons as gelowiges die verantwoordelikheid om vir ons leiers te bid. Mag dit nie gesê word dat ons hulle in hierdie opsig gefaal het nie.


Gister se oggendkoerant was vol nuus wat met die ekologie te doen het. Dit is nie van gister af dat wetenskaplikes ons maan dat die wêreld soos ons dit ken op ń krisis afstuur nie. Soos in die kinderspeletjie, wolf wolf hoe laat is dit, is die kanse goed dat ons te laat wakker skrik.


Dat die skrif aan die muur is tensy ons op hierdie laat uur dramatiese stappe neem en daarby hou is nie altemit nie.


Met die onlangse oorstromings in KZN het tonne plastiek op die strand uitgespoel. In die onlangse verlede het ń reuse seedier gestrand . Dit het letterlik gesterf vanweë die hoeveelheid plastiek wat binne hom was.


Plastiek het vir ons voortbestaan ń groot verleentheid geword. So duik ń wetenskaplike, Victor Vescovo, die afgelope tyd in sy spesiaal geboude mini duikboot elf kilometer tot op die bodem van die see, die Marina trog in die Stille Oseaan in. Dit is 16 meter dieper as ń vorige poging. Die diepste duik wat tot nog toe onderneem is. Tot sy ontsteltenis ontdek hy in hierdie trog soos die berig dit noem plastiek sakke met drukwerk daarop.


Dit word bereken dat daar reeds 100 miljoen ton plastiek in die see gestort is. Daarmee verander die aantreklike see tot ń reuse vullishoop. Groot hoeveelhede mikro plastiek word in die ingewande van soogdiere soos walvisse diere gevind.


Miskien is die aangewese ding om die voorbeeld van sekere sake ondernemings in Sandton, Johannesburg te volg. Vanaf 1 Jan. 2020 word ń geen plastiek inkopiesak beleid gevolg. Dit gaan bv meer as 2000 winkeleienaars in Sandton city raak.


ń Ander berig vertel dat Suid Afrika buitegewoon kwesbaar is vir klimaatsveranderinge. Onlangse oorstromings en hittegwolwe is daarvan ń bewys. Teen die einde van die eeu sal die temperatuur in Suid Afrika na verwagting 6 grade C styg. wees. Droogtes en vloede sal ondermeer ons voorland wees.


ń Ander studie dui daarop dat ń onrusbarende en dodelike klimaatsdrempel oorgesteek is, die eerste sedert die ontstaan van die wêreld. Dit verwys na die hoeveelheid koolstofdioksied wat onder meer vanweë die gebruk van fossiel brandstowwe.


Ek vewrys laastens na ń ander opskrif wat lui..ńn sterwende natuur . Een honderd vyf en veertig wetenskaplikes, ondersteun deur omvattende navorsing, stel dit duidelik in ń dokument wat the ‘Global assessment ‘ genoem word uit. Die natuur is in die waakeenheid. Dit gaan so vinnig agteruit dat 1 miljoen plant – en dierespesies op die rant van uitwissing is.
Ons sal moet toetree, ons stemme voeg by die van die Sweedse tiener Gretha Thunberg wat die verbeelding van die wêreld aangegryp het deur skoolstakings te begin organiseer oor regerings se gebrekkige optrede om klimaatsverandering te keer.


Die Bybel sê die aarde verkeer in barensnood. Soos ń swanger vrou wat op die punt staan om geboorte te skenk dreig die natuur om geboorte te skenk aan ń baba wat niemand wil hê nie.


Die aarde vra waar die kinders van God is wat die vernietiging van die natuur nie alleen profeties nie maar ook letterlik gaan aanspreel deur pro-aktiewe optree. Dit begin vandag met elke leser.


– Die vullis wat op oop erwe gestort word om nie eers te praat van die hoeveelheid vullis wat ons genereer nie. – Die verantwoordelike gebruik van bronne wat ń geen plastiekinkopiesakke beleid vir elke huishouding nie. Ens. Ens.


Dis ń gesprek wat ek en my wederhelf nie langer kan uitstel nie.

Immers, ons het ook groen koring op die land!!