Moenie op mense bou nie

Vanoggend se koerant lui ‘DA rafel ook nou uit’. Dit verwys na Patricia de Lill en ʼn kollega wat met verpligte verlof geplaas is hangende sekere ondersoeke. Na bewering het me. de Lill ook verbeterings by haar woning aangebring waarvoor die belasting betaler betaal het. Toegegee, die saak is klaarblyklik nog nie ondersoek nie maar waar ʼn rokie is, is ʼn vuurtjie. Lyk my in elk geval nie of dienslewering waar die DA aan bewind is oral betekenisvol verbeter het nie.
Intussen smeul dit in die ANC op weg na die einde van die jaar se leierskap stryd. Die ander outjies is weglaatbaar klein en hardloop ook in sirkels.
Politieke partye gaan ons nie van ondergang red nie. Wat in leierskap uitspeel is wat op grondvlak aan die gang is en omgekeerd. Ons het net een hoop en dit is God en ʼn grondige en hartlike toekeer en terugkeer na Hom. Terwyl die land smeul val al hoe meer mense uit die geloof en eens getroue lidmate van die kerk het hul oënskynlike lus vir God verloor. Ek klink ietwat negatief en dis nie my bedoeling nie. Sal dit egter eers ʼn ramp soos in Las Vegas neem voordat ons terugkeer na die Woord?
Here, waar dan heen, tot U alleen.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen