Maak jou lysie

Maak jou lysie

ROMEINE 8:15Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader

Tydens die leiersberaad wat ek in die onlangse verlede bygewoon het het ʼn spreker die volgende stelling gemaak. “Relentlessly inventory your fears”.
Vrees is verlammend, universeel en demonies. Vrees kom nie van die Here nie en put ons tot so ʼn mate uit dat ʼn mens bitter min vermag. Dwarsdeur die Bybel klink die refrein, “moenie bang wees nie”. Ten minste weet ons dat ons nie alleen is in hierdie geveg nie en dat mense van alle eeue dit aan eie lyf gevoel het.
Vrees moet in die Naam van die Here uitgedaag word.
Waarvoor is ek/jy bevrees?
Eers as ek dit gedefinieer het kan ek die rasionaliteit daarvan bevraagteken.
Meeste van die goggas waaroor ons so bekommerd raak bespring ons nooit nie.
Soveel vrees is ongegrond en ongetoets.
Vrees is ʼn mosie van wantroue in God en die vermoë wat Hy ons gee om in sy voetspore te volg. Dit is eers wanneer ʼn mens jou vrese uitdaag dat die leuen geopenbaar word. Dis soos iemand wat gevange gehou word met die suggestie dat daar ʼn wrede persoon met ʼn mes in die vertrek langsaan is. As jy die deur oopmaak en na binne kyk ontdek jy dat daar niemand is nie. Die oomblik dat die leuen geopenbaar is verloor vrees sy houvas.
Werk met daardie vrese.    
       
2 Tim.1:7Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing
Here ek wil nie meer bang wees nie.
Dankie vir U Gees.
Amen

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}