Maak jou buiging

Maak jou buiging

Ps.8:10 10        
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

 Ek het die voorreg gehad om ʼn musiekvideo van een van die snitte op my jongste CD, Vat my Hand, in die skone Kaap op te neem.
Gister was ʼn pragtige sonskyndag met hemelblou regoor. Die opname is in die omgewing van Grabouw opgeneem en ons moes ʼn hele paar rotse afklim ten einde by ʼn doelmatige plek uit te kom. Met die see as agtergrond, die hemelruim bo ons, die gestapelde rotse en warm son kon ons gestalte gee aan ʼn visuele skouspel. Sommige van die tonele is met ʼn “drone” opgeneem, watter wonderlike moontlikhede bied die tegnologie darem nie. Die Here bederf sy kinders.
Opvallend was die wyse waarop die reuse golwe net voordat dit op die rotse breek effe terugtrek. Dit lyk kompleet asof dit ʼn buiging maak en dan met alles wat dit het ʼn spogvertoning lewer. Elke golf breek uniek, geen twee het sedert die begin van die skepping presies op dieselfde manier uitgespoel nie.
Dis die buiging wat my beïndruk het. Dis asof die golf erkenning verleen aan die Skepper van alle dinge en dan sy beste vertoning lewer. Uiteindelik moet die golf breek, dis onafwendbaar en kan nie gekeer word nie. As die golf eers tot op daardie plek “gevorder” het is sy epiese vertoning ʼn noodwendigheid.
Ons word geroep om ons beste vir die Here en die mense wat deel vorm van ons verwysingsraamwerk ons heel beste te gee.
Maak jou buiging en vertoon dan die heerlikheid van die Here.
Ps. Kyk gerus op youtube: Kom Heilige Gees – Jannie Pelser

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; color: #0563c1; -webkit-text-stroke: #0563c1}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {text-decoration: underline ; font-kerning: none}