Jy is kosbaar en waardevol vir Hom

Jy is kosbaar en waardevol vir Hom 

Wian Vos, bekende Gospelsanger het jare gelede hierdie liedjie opgeneem. “Weet jy dat Jesus jou liefhet, dat Hy baie van jou hou, sommer net soos jy is, want jy is kosbaar en waardevol vir Hom”.
Dis eenvoudig sodat kinders dit lekker kan saamsing. Hulle geniet dit ook om te hoor dat hulle kosbaar en waardevol is vir die Here. Ons moet ons kinders gedurig van hierdie waarheid verseker.
Dis egter nie net kinders wat dit wil en moet hoor nie. Die lewe het ʼn manier om ʼn mens soos ʼn frantsbrander onderstebo te ploeg. Vir ʼn oomblik weet jy nie waar is bo en onder nie. Al wat jy weet is dat jy in turbulensie verkeer en vertrou dat jy iewers weer vaste grond onder jou voete sal voel.
Genadiglik kom die vaste grond altyd weer. Mens weet net nie hoe lank dit neem nie.
Jy mag vandag in wees vir rowwe see. Jou lewensskuit mag vol water word en dreig om onder te gaan. God sal jou bewaar. Hy het jou intens lief en sal sy Hand oor jou hou. Hy sluimer en slaap nie. Hy is die bewaker van Israel. Hy pas jou op.
Vat jou twee skouers skuinsoor vas en troos jouself aan sy liefde. Dis ewigdurend.
Gebed
Dankie dat U my liefhet. Ek is ook baie lief vir U.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen