Is God in a panic?

Is God in a panic?
Stres God?

PSALMS 93:4
…maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag
Iemand het gesê  “we are God`s mighty worry (ers)”, instede van warriors, ne!
 Ons het stres tot ʼn fyn kuns vervolmaak. Alles “stres ons uit”.
Van ons opstaan vanoggend totdat ons vanaand gaan slaap is dit die primêre gevoel waarmee ons worstel.
Sommige het so gewoon geraak daaraan dat hulle dit nie meer bevraagteken nie. Ander voel ellendig omdat dit ʼn gebrek aan geloofsvertroue verteenwoordig. Ander ontken dit en ander dink dit is ʼn statussimbool. Stres beteken verskillende goed vir verskillende mense.
Die Bybel sê “God is op die troon”.
Baie waters en die gedruis wat daarmee gepaard gaan is ʼn metafoor vir die onstuimigheid wat ons somtyds belewe.
Vir die Here is ons uitdagings nie ʼn probleem nie. Die prys is reeds betaal en die oorwinning is behaal. Derhalwe sê die teks “kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”.
Dié rus ontneem ons nie van verantwoordelikheid, inspanning, gehoorsaamheid en geloof nie. Dit is ʼn aktiewe rus wat nie toelaat dat stres ons so ontmoedig en demobiliseer dat ons nie kan funksioneer nie.
Diep asemhaal.
Sê vir jouself “Jesus het betaal en die oorwinning is behaal”.
Bely God is op die troon en in beheer.
Gee oor !!
Kyk die uitdaging in die oë en sê..dis presies wat jy is, net ʼn uitdaging.
Here
Met U spring ek oor ʼn muur.

Op my merke, gereed, gaan!!

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000; min-height: 18.0px}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen.