Hebreërs 11

Hebreërs 11Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon

Ek besoek die plaaslike gym gereeld en (weet nie of dit altyd heilsaam is nie) kyk na die dag se nuus op CNN of Etv ens. Uiteraard fokus die media op die opspraakwekkende en sensasionele. Dan weer is die nuusberigte tog nie uit die lug gegryp nie maar inderdaad dinge wat plaasvind. Die verwoesting in Sirië bv. is ʼn werklikheid. Bote wat omslaan met vlugtelinge is eweneens ʼn ontstellende realiteit.. Dood is dood en verwoesting is presies dit.
Baie mense vra deesdae of daar ʼn God is. Ek dink dat selfs gelowiges somtyds met die vraag worstel. As die wêreld dan so deurmekaar en stukkend is waar is God en waarom tree Hy nie tussenbeide nie? Uiteraard soek ons ʼn besoek en betrokkenheid van God op ons terme, soos ons dink Hy dinge moet doen.
Nou ja, so werk God ten ene male nie. Hy is soewerein en weet beter en weet alles.
So met die nuusgebeure in my oë en ore ( oorfone mos) kom dit by my op “ As daar nie ʼn God is nie is ons ʼn groot moeilikheid” Daarmee wil ek nie te kenne gee dat ek hoegenaamd twyfel aan sy bestaan en goeie bedoelinge met hierdie wêreld nie. Maar indien God totaal buite rekening gelaat word is ons in groot moeilikheid, sonder hoop en sonder ʼn toekoms.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Ek vind soveel troos daarin dat Hy in totale beheer is en dat ons Hom in die kleine detail kan vertrou.