Gemeenskapsbediening

ToekomsVenster het drie gemeenskapsprojekte in Krugersdorp van stapel gestuur.  Die projekte is gebore uit ‘n hartsbegeerte om ‘n positiewe verandering in arm en werklose mense se lewens te maak.  

Twee projekte is daarop gemik om werklose, jong mense  (SA se werkloosheidsyfer onder die jeug is hoër as 50%) met vaardighede toe te rus sodat hulle ekonomies onafhanklik kan wees, terwyl die derde projek vir die kinders en inwoners van Burgershoop vreugde wil bring.

Opleiding in skrynwerk

Onder die wakende oog van ‘n ervare skrynwerker, Frikkie Botha, is ToekomsVenster besig om drie mans  basiese vaardighede in houtwerk te leer. Die opleiding vind binne ‘n Christelik-georiënteerde omgewing waarin ‘n bybelse Gods-en wêreldbeeld geld, en uitgeleef word. 

Die span maak  ‘n verskeidenheid sitbankies – ook ‘n opsitbankie! –  van houtpalette . Die bankies word op verskeie forums bemark en die span vervaardig dan volgens bestellings. Bestellings kan by ToekomsVenster geplaas word: info@toekomsvenster.co.za of 011 665 2017

 

Kliek asseblief hier, sou jy belangstel om ‘n geldelike bydrae tot hierdie projek te maak.

 

\

 

 

Opleiding in naald- en stikwerk

‘n Voorslag oud-huishoudkundeonderwyseres, Rina Schubotz, lei drie vroue op in die kuns van naald- en stikwerk ten einde hulle in so ‘n mate te bekwaam dat hulle ‘n inkomste kan verdien. Die vroue maak lifelike sit- en strooikussings vir  ToekomsVenster se houtbankies, oulike penne- en nutsakkies asook pragtige handsakke. Bestellings kan by ToekomsVenster geplaas word: info@toekomsvenster.co.za of 011 665 2017

 

 

 

Kliek asseblief hier, sou jy belangstel om ‘n geldelike bydrae tot hierdie projek te maak.