Gee jou hart vir Hillbrow

Gee jou hart vir Hillbrow

Ek is seker baie van julle onthou Johannes Kerkorrel se ikoniese lied “gee jou hart vir Hillbrow”.
Die Kersboodskap word die beste verpak in die woordjie, “gee”. Johannes 3:16 som die Kersgebeure raak op en ons ken dit. “God het die wêreld so liefgehad ( motivering en omvang daarvan) dat Hy sy enigste Seun gegee het..”
Die essensie van daardie vers lê in die wyse waarop God sy liefde gekonkretiseer het. Daar kan geen twyfel wees dat God die wêreld en die mense daarop baie ernstig opneem nie. Hy het nie die eerste en beste roete gekies om die mensdom van sy sonde en nood te verlos nie maar sy allerbeste gegee.
God het seker nie maklik by hierdie besluit gekom nie. Hy het seker al die ander moontlikhede oorweeg. Om sy Seun te gee het nie maklik gebeur nie. Dit is in alle opsigte sy allerbeste.
Nietemin, God het nie gehuiwer nie. Ek is so dankbaar Hy het nie gehuiwer nie.
Wat is jy bereid om te gee as ʼn aanduiding daarvan dat die Kersboodskap jou hart geraak het? Hoe help die Kersboodskap jou om jou lewe rondom die gee beginsel in te rig?
Dis deur te gee dat ʼn mens ontvang.
Hillbrow (metafoor vir die wêreld in sy nood) wag op mense wat Kersfees ernstig opneem.
Here, dankie dat U gegee het.
Amen
Groete
Jannie Pelser
Rant en Dal Prisma

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}