Gebed verander my

Die gebedsreis het ons gister
na Bloemfontein geneem. Daar het ds. De la Harpe, ’n dinamiese en energieke
dominee, ons by die Twee Toring Kerk ontmoet en entoesiasties vertel hoedat die
gemeente hoop bring in die gemeenskap.
Die gemeente bestaan uit
straatbewoners en die wat honger is, word uitgenooi om op ’n daaglikse basis ’n
ete te geniet. Die gemeente huisves ’n kliniek waar hulp verkry kan word.
Wat eens ‘n statige kerkgebou
was, steeds aangrypend mooi, bied nou ’n geestelike tuiste vir mense wat
huisloos is en op straat is.
Later ontmoet ek vir Japie,
’n jong seun wat my eie kon wees maar wat iewers langs die pad koers verloor
het.
Ons besoek Navel Hill wat ʼn
uitnemende uitsig op die stad bied. Die reuse standbeeld van Mnr. Nelson
Mandela staar oor die stad uit.
Agter teen ’n hemelhoë
seinstruktuur is ’n kruis aangebring. Mnr. Mandela se gebalde vuis, teken van
vryheid kry nuwe betekenis teen die agtergrond van die saans verligte kruis.
Dis die besoek aan die Vrouemonument
waar hulde gebring word aan nie alleen meer as 26 000 vroue en kinders wat in
konsentrasie kampe gesterf het nie, maar vroue en veral kinders wat wêreldwyd vanweë
die ongenaakbaarheid van maghebbers omkom. My hart het gebreek toe ’n gedig
voorgelees is wat iets van ’n ontwrigte Kongolese kind voorgedra is. Oorweldig
deur die oomblik het ek gepleit dat God ons sal vergewe vir wat ons aan kinders
doen. Dit is opgevolg deur soortgelyke gebede vir verskeie kontekste regoor die
wêreld
Ons besoek aan Bloemfontein
was moeilik. Die volle spektrum van onheil broei daar te midde van Godsmanne en
-vroue wat hul lewens gee sodat die Koninkryk kan kom
Hoe gee ons elkeen vandag
uitdrukking aan ons roeping om ligdraers te wees?
Ons is in Graaff Reinette en
dit reën saggies. Vandag gaan ons in vervoering staan oor God se handewerk by
die Camdeboo park voordat ons na Sutherland vertrek.
Op die video tree ek in vir
ons mense. Jy hoef nie daarmee te identifiseer nie. Dis my gebed oor ‘n verlede
wat ons steeds bly inhaal.
Dis die storie van ’n wêreld in
die greep van magsbeheptheid en selfgeregtigheid