“Gangsters paradise”

“Gangsters paradise”

Syfers oor die omvang van misdadigheid in Suid Afrika ontstel. Dis ʼn somber en bykans hopelose prentjie wat geskilder word.

Dit lyk of Suid Afrika onder beleg is. n Noodtoestand moet afgekondig word.
Dis nie net geweldsmisdade wat ontstel nie. Die wyse waarop Suid Afrika verrinneweer word deur mense wat mag het, is verskriklik.
Die gesindheid van onverskilligheid en onmenslikheid word deel van ons hele sosiale orde. Die manier waarop die psigiatriese pasiënte hanteer is waaroor daar tans verhore aan die gang is laat ʼn mens dink aan ʼn horror movie. Kan dit in ʼn beskaafde gemeenskap met veronderstelde verantwoordelike mense aan die stuur?
Ek moet myself bedwing om nie toe te laat dat my emosies die oorhand kry nie. Die gedagtes wat ek koester sal my diep in die moeilikheid laat beland. Dit sal ook nie help nie maar die probleem net vererger.
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Dis ʼn geestelike aangeleentheid. Die gedagtes, motiewe, ingesteldhede, motiverings van sommige mense is onder beleg. Hulle word gevange gehou deur die leuentaal van die bose. Daar is net een oplossing, die Evangelie gekonkretiseer in mede menslikheid, omgee, barmhartigheid, liefde, aanvaarding, sorgsaamheid.
Gelowiges alleen gaan Suid Afrika verander.
Begin vandag in eie kring daarmee.
Gangsters paradise of missions paradise?

Gebed Here, help ons.Amen

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}