Gaan of groei?

Gaan of groei?
Ek gesels gister met ds. Theuns Coetzee van Wesmoot gemeente digby Brits. Hy vertel my van ʼn reeks wat hy in die gemeente gepreek het waarvan die tema was “Gaan jy deur die lewe of groei jy deur die lewe?”
Aangrypend!
So baie van ons “gaan” deur die lewe, ons kry die lewe agter die rug, ons wens more wil aanbreek, ons verwens die uitdagings, ons worstel meer as enige iets anders.
As die lewe as ʼn probleem beskou word wat opgelos moet word sal ʼn mens pal teen die grond wees. Die lewe sal jou oorweldig en moedeloos laat.
As ʼn mens egter die genade vind om die lewe anders te benader, ʼn laboratorium, universiteit, plek van vorming, kursus en geleentheid om verryk en verdiep te word in jou verstaan van jouself, die mense rondom jou, die wêreld, ook God, word die lewe ʼn avontuur.
Dan ontdek jy in wat Thuli Madonsela se die verskil tussen moeilik en onmoontlik. Ja, die uitdagings is nie maklik nie, dis moeilik maar nie onoorbrugbaar nie omdat God die God van moontlikhede is.
Hoe benader jy die lewe? Miskien wil jy jou benadering heroorweeg.
Here, dankie vir die lewe.
Dis ʼn gawe uit U hand.
Skuus dat ek so baie klae.
Amen
Jannie Pelser
Hoor graag van jou!!
Groete
Jannie Pelser

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Rant en Dal Gemeenskapkerk