Elastiese hoop

Elastiese hoop

Ps. 71: 14            
Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof
In ʼn artikel in die Beeld gebruik prof Nico Koopman die term “Elastiese hoop”. Hy skryf nav. ʼn boek wat  ’n teoloog, John H. Westerhoff, jare gelede geskryf het met die titel “Will Our Children Have Faith?”
Dan verwys hy na die begrip elastiese hoop “Ek word oorweldig deur dié getuienis van opstandingshoop (verwysende na mense wat te midde van die vernietigende brande in Knysna steeds bly glo), van veerkragtige hoop, van – soos ’n bekende Stellenbosse wynboer dit onlangs in ’n Pinksterbiduur verwoord – elastiese hoop, hoop wat gerek en getrek, maar nie gebreek kan word nie”.
Dis die hoop wat ons nodig het, hoop wat weier om op te gee en op te hou glo.
Ek weet nie wat jou persoonlike konteks vandag verteenwoordig nie. Miskien is jy op die rant van moedeloosheid.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Mag jou hoop, elastiese hoop, herleef deur die Heilige Gees en die beloftes van en uit God se Woord.