Een vir elke dag

MATTEUS 1:20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees

As daar ʼn emosie is waarmee ons almal bekend is is dit bang wees. Vrees is verlammend en daarvan hoef niemand oortuig te word nie. Dis vrees vir die onbekende, dat jou kapasiteit om die uitdaging die hoof te bied nie genoegsaam is nie, dat jy  en ander kan seerkry in die proses ens. wat ʼn mens demotiveer en demobiliseer. Wanneer jou hart in jou skoene sit, jou moed jou begewe, jy begin twyfel aan jouself en selfs aan God dat die lewe op “hou” geplaas word.
Weg is die avontuur, die beloftes, die geskiedenis van God se goeie bedoelings met jou en sy ondersteuning in die verband.
Die probleem is dat ʼn mens jou ore uitgeleen het vir die verkeerde geselskap. Benewens die duiwel wat nie skroom om jou van jou “onvermoë” te oortuig nie is daar ander mense wat dit hul roeping ag om jou drome nek om te draai.
Die Here ken elke uitdaging wat jy vandag en elke dag in die oë sal moet kyk. Nie minder as 365 keer word kinders van die Here opgeroep om nie bang te wees nie want….die Here is by ons.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Gooi die juk af. Luister na die stem van die Here. As Hy jou geroep het sal Hy dit ook tot uitvoer bring. Wandel in gehoorsaamheid en leef met verwagting.