Dis sulke tyd

Dit gebeur nie elke dag nie maar dit gebeur. Jy weet net, dis sulke tyd. Tyd van evalueer, besin, besluite maak, bid.

Om konsekwent gelowige te wees is ʼn keuse se weerloosheid. Jy is oorgegee aan genade. Nie mens-genade nie, dis op sy beste voorlopig en dikwels skyn.
God se genade. Dis ewig, betroubaar en gewaarborg. Na alles, genade het jou hier gebring, waarom sou genade jou nie verder neem nie.

Miskien is vandag sulke tyd in jou lewe.
Mag jy die genade vind, beleef, omarm en vertrou wat jou tot hier gebring het.

Jer. 29:11
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!

Die genade van ons Here Jesus Christus
Die liefde van God

Die gemeenskap van en met die Heilige Gees
Bly met jou totdat Hy op die wolke verskyn

Amen en amen.