Black Friday

Suid Afrika is klaarblyklik nog meer opgewonde oor “Black Friday” as selfs die Amerikaners.  Almal hou daarvan om ʼn paar rand te spaar as dit kan, die lewe het baie duur geword. Ek luister egter na verkeersverslae en oral word mense gewaarsku dat verkeer veral rondom die groter inkopie sentra baie druk is.
Ons is immers beelddraers van God en Hy sorg vir ons.
Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?’ 1 Korintiërs 3:16
Here, U weet alles.
Die lewe is duur en geld is skaars.
Help my om nie my menswaardigheid te verloor terwille van ʼn winskopie nie.
Amen

Ek hoor graag van jou.

Wonder hoe voel julle oor hierdie dink ek klippie in my skoen?