“Armed and dangerous”


Weet nie of dit die titel van ʼn fliek, boek of lied is nie maar dit kom vanoggend by my op toe ek ʼn ent gaan stap.


“Armed and dangerous”!

Die Gees herinner my dat dit die profiel van ʼn kind van God behoort te wees. Ons het ruggraat nodig, stamina en passie. Gewapen in die volle wapenrusting wat God gee (Efes. 6), gereed vir enige gebeurlikheid (nie onderstebo gerol deur die geringste omstandigheid nie) en gevaarlik vir die duisternis omdat Hy wat in ons groter is as hy wat in die wêreld is.
Ai, die wêreld, Suid Afrika in besonder, gemeentes, gemeenskappe, gesinne, het sulke mense nodig.
Mense wat nie huiwer nie, wat gaan waar ander dit nie sal waag nie, oortuig en oorwinnaars.
As jóú naam genoem word moet die koninkryk van duisternis bewe omdat jy gewapen deur en met die Gees ʼn krag is om mee rekening te hou.
Die duiwel moet sê, “met daai man en daardie vrou mors jy nie. Jy kom tweede. Hy/sy lewe in en deur die geloof in die Een wat sterk, magtig en almagtig is. Hou verby. Moenie sukkel nie”.
Ek wil so ʼn mens wees.
“Armed en dangerous”.
Ek wil klaarmaak met val en opstaan, weerstand bied en hasepad kies.
Ek wil staan vir wat waar, reg en edel is.
Jy ook.
Ons vra dit van die Here, Koning van die Konings.
Romeine 15:13
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!
1 Joh.4:4             
Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.
Here, help my om te bly staan al is die aanslag fel.
Amen.
Stem jy saam met hierdie versugting? Hoor graag van jou
Jannie Pelser

Nou beskikbaar by jou naaste CUM. Ideale kersgeskenk vir die man in jou lewe.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}