ʼn Ander soort toets

ʼn Ander soort toets

Rom. 5: 3-5        
Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding,     
en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
Ai, ʼn mens leer so baie deur na ander mense te luister. n Goeie vriend van my het ʼn boek geskryf oor die pad waarlangs die Here hom gelei het.
Elkeen van ons het ʼn storie en elkeen se storie is uniek. Miskien wil jy ook ʼn boek skryf oor jou lewe.
Iewers gebruik Mario die frase – “I was testing my faith”.
Gewoonlik sê ons die Here toets ons geloof. Dit is waar en dis die manier waarop God karakter in ons lewens bou. Ons roeping is om meer en meer soos Jesus te wees en te word. Dis ʼn lewenslange reis en kom met op- en afdraandes saam.
Die gedagte dat ek my geloof toets is nuut en vars. Dis asof Mario nav.  ʼn sekere uitdagende situasie sê dat hy nodig gehad het om uit te vind wat presies onder die oppervlak van sy geloofslewe lê.
Praat is maklik maar wanneer dit by die doen kom bly ons dikwels in gebreke. Dis waar die kameel se rug spreekwoordelik gebreek word.
Is ek wie ek se ek is, doen ek wat ek sê ek doen en is my lewe inderdaad ʼn lewende getuienis van ʼn dinamiese verhouding met God.
Dalk wil jy vir ʼn oomblik daaroor nadink.
Wat lê onder die oppervlak van jou geloofsmondering?
Is daar substansie of is dit net ʼn veneer sonder ware inhoud?
Iets waaroor ek vandag moet nadink.
Here, help dat ek nie net ʼn mond sal wees wat maklik praat, maar nie doen nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen.