7 Februarie 2017 – MATTEUS 11:29

Dinsdag 7 Februarie

MATTEUS 11:29

Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.
Hoogmoed is ʼn lelike ding. Ek luister nou die dag na ʼn insetsel op een of ander TV kanaal (kon eNCA gewees het) oor hoe selfvoldaan en aanmatigend sommige van die afrigters van sportspanne met die media kan wees.
Goed, miskien is sommige buite konteks aangehaal maar daar was ʼn duidelike gevoel van onaantasbaarheid en verhewendheid in die opmerkings wat gemaak is.
Sonder om die spesifieke afrigter te identifiseer skryf ʼn sport joernalis “…. contempt for the press and in fact, the country in general, is despicable and it seems that no-one can escape his vicious tongue and ludicrous analogies, ramblings and “I have a God-given talent” quotes”
Arrogansie en meerderwaardigheid is aaklig en aanmatigend. Dis nie die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het nie. Sy hele bediening het in die teken van nederigheid gestaan. Dit beteken hoegenaamd nie dat ʼn mens nie standpunt kan inneem wanneer dit nodig is nie. ʼn Mens moet darem ʼn ruggraat hê. Jesus het sonder om gevoelens in ag te neem die geestelike hoogmoed van sy dag aangespreek.
Is ek en jy dalk ook oorversekerd, “niemand kan my niks leer nie, en met ʼn ek is die beste wat jy kan kry” tipe mentaliteit.
Ai, kom ons erken net weer ons status in hierdie wêreld. “Dienaars” sê die Here.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Dit sny aanmatigende optrede en woorde by die wortel af.