6 Februarie 2017 – Joost naby sy einde

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Joost naby sy einde

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Ons lewe in ʼn wêreld waar celebraties nogal belangrik is. Ons plaas hulle op verhoë en bewonder hulle asof hulle onaantasbaar is.

Ons lees hulle stories en verwonder ons aan die intriges en interessanthede. Ons kies kant en skryf hulle somtyds af. Ander kere vergewe ons hulle weer en weer ʼn keer.
Dan hoor ons dat hulle siek geword het. Ons skud ons kop in ongeloof. Ons het dan gedink hulle is bo die normale gang van sake verhewe. Hulle bly dan in mooi huise en het baie geld. Hulle pryk dan op ons voorblaaie en vul ons gedagtes. Gewone mense word siek en sterf. Nie ons helde nie.
Gedurende die afgelope jaar en selfs binne die enkele weke van 2017 het verskeie bekendes gesterf. Naby en ver, bemind en besproke. Sommige oud en ander in die fleur van hulle lewe. Sommige vanweë siekte en ander onder raaiselagtige omstandighede. Oor ander fluister ons agter ons hande. Ons sê dit nie hardop nie maar wonder wat die oorsaak van hul skielike heengaan was.
Ons is almal van klei gemaak. Uit die grond gevorm. God het die lewensasem in ons geblaas. Daar is ʼn tyd om gebore te word en ʼn tyd om te sterwe. Dis een afspraak wat niemand misloop nie. Dis bestem vir almal om te sterwe en dan die oordeel. Dan word die boeke geopen en word elkeen geoordeel vir dit wat hy gedoen het, of dit goed was of sleg. Interessante toets wat aangelê word. Nie vier geestelike wette nie. Nie belydenis van geloof nie. Nie kerkverband of kultuur affiliasie nie.
Wat is die “legacy” wat agtergelaat word?
Waarmee seën jy die wêreld?
Wat is die nalatenskap van jou vreemdelingskap op aarde?
Waar lê jou spore en groei die bome wat jy geplant het?
Die mens se lewe is soos gras, soos plante, dit verdor sommer oornag. Net wat vir God se Koninkryk gedoen is het ewigheidswaarde.
Sterkte Joost. Mag God se genade jou toevou.