6 April 2017 – Verwondering

O Heer my God
As ek in eerbied wonder
En elke dag U werke aanskou..
Dan moet ek juig
Hoe groot is U
Ons het twee merkwaardige en talentvolle ( hoe kan dit anders) kleinkinders. Beide is vier jaar oud en dis asof elke dag ʼn avontuur en ontdekkingstog is.
Ons is tans in die Kaap waar ek besig is met opnames. Klein Karlu kuier ook hier saam met ons. Hy gryp oupa se hand by die Waterfront en sê “het oupa ʼn geldjie? Oupa sal nie glo nie. Oupa sal nie glo nie”.
Iewers het hy in die gang iets raakgeloop wat hom baie beïndruk het. Nou moet oupa ook gaan kyk. 
Dit kos R10.
So ver as hy loop verklaar hy “Oh my word, oh my word”
Wanneer laas het ons so na die wêreld gekyk? Totaal oorbluf deur die mooi en indrukwekkende dinge wat daar is om te sien en te beleef.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Wanneer laas het ons in totale verwondering voor die handwerk van God gestaan en in aanbidding gebuig voor die Een wat ons verbeelding weer en weer aangryp?