3 Mei 2017 – Ware Vryheid

Ware Vryheid
ʼn Dag of wat gelede is Vryheidsdag regoor Suid Afrika gevier. Die geskiedkundige gebeure toe Suid Afrika verteenwoordigend geword het van al sy mense het betekenisvolle verandering vir baie beteken.
Die proses is nie afgehandel nie en namate mense iets begin verstaan van ons gemeenskaplike bestemming in hierdie land sal dit seker ook beter gaan.
In toesprake is verwys na ekonomiese en veral politieke vryheid.
Om te kan kies is ʼn belangrike deel daarvan. Indien bronne jou vir watter rede ook al ontsê word is ʼn mens se keuse moontlikheid ooglopend ingeperk.
Die grootste deel van ons bevolking kan kies maar het nie die nodige bronne om daardie keuse te realiseer nie. Dit is van die ongelykhede wat reggestel sal moet word. Almal sal daarin gewillige deelnemers moet wees.
God is nie ʼn aannemer van die persoon nie. Die lotgevalle van alle mense is vir Hom belangrik. Kom ons kyk verder as die grense van ons eie bestaan en soek na maniere om ander se keuses te help realiseer.
So on we go
His welfare is of my concern
No burden is he to bear
We’ll get there
For I know
He would not encumber me
He ain’t heavy, he’s my brother (He Ain’t Heavy, He’s My Brother)

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}