24 Maart 2017 – Brutale samelewing

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Brutale samelewing

Esegiël 36: 26    
Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die klip hart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee
Romeine 3:13   
Hul keel is ’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe
Ons het ʼn brutale samelewing geword. Om die koerant deur te blaai is ʼn moeisame oefening. ʼn Mens weet nie of jy kom of gaan te midde van soveel negatiewe dinge wat gebeur nie.
Dit kan ʼn mens oorweldig en moedeloos maak.
Die Bybel het ʼn antwoord op die problematiek van ons dag. Nuwe Harte. Esegiël vertel ons juis van God se genadewerk in die lewens van mense wat Hom daarvoor sal vertrou.
Die hart van ons sukkel maar. Dis hard en ongenaakbaar en sukkel om empatie te hê met ander mense. Die Bybel sê dat ons van nature selfsugtig en selfgerig lewe.
Dis net wanneer die Here deur sy Gees ons harte verower dat ons gestadig begin om iets van Jesus se persoonlikheid in ons lewens te integreer.
Sjoe, Suid Afrika het nuwe harte nodig.
Ons bid daarvoor.

ROMEINE 13:8
Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.