21 Februarie 2017 – Jongmense! Ons toekoms…

Jongmense Ons toekoms

Verlede Sondagoggend het ń dertig tal jongmense belydenis van geloof afgelê by Prisma gemeente . Ouers kon dankbaar beleef dat hul verbondsopvoeding tot iets besonders gekom het .

Mentors en kategete kon terugkyk oor jare se saamstap.
Onderwysers, alhoewel nie noodwendig teenwoordig, kom trots erken dat hulle ń betekenisvolle bydrae gelewer het om hierdie mooi kinders tot volwassenheid te help begelei.
Die jongmense het om die beurt getuig dat Jesus hul persoonlike Saligmaker is asook van hul opregte voorneme om Hom te volg, sy Woord te respekteer en beskikbaar te wees om deur Hom gebruik te word.
Ek het by myself gesit en wonder hoe ons jongmense se lewens oor tien jaar daaruit sou sien.
Sou hulle steeds op koers wees?
Sou hul belydenis iewers versand het soos wat so dikwels gebeur?
Sal die lewe hul so kasty het dat hul moedeloos langs die pad uitgesak het ?Mag dit nie so wees nie !
Mag hierdie groep anders wees .

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000; min-height: 17.0px}
span.s1 {font-kerning: none}

Ps 119