2 Mei 2017 – Joh.1:12

Joh.1:12              
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word
Ek moes onlangs ʼn begrafnis in die Wespark begraafplaas waarneem. Dis ʼn groot plek en op Saterdae (die dag van die begrafnis) besonder besig.
Oral het groepe mense in kringe gestaan, sommige sing, ander bid en ander neem afskeid. Daar is seksies vir gewone mense maar ook vir hooggeplaastes.
Daar is seksies vir Jode, Christene en Moslems.
Daar is grafte met sierlike grafstene wat baie, baie geld moes gekos het maar baie sonder selfs ʼn aanduiding van wie daar begrawe is. Sommige het vars blomme maar ander is verwaarloos en vergete.
Ek kan my voorstel dat die mense wat daar begrawe was van alle vlakke van die samelewing kom. Ryk en arm, geleerd en gewoon, wit en swart, jonk en oud, ens.
Die gedagte het by my opgekom dat almal, ongeag van wie en wat hulle was, een deurslaggewende vraag sou moes antwoord toe hulle spreekwoordelik by die “hemelpoort” aangekom het .
“Wat het jy met Jesus gemaak”
Die Bybel sê – almal wat Hom aangeneem het.
Wat doen jy met Jesus se roep na jou?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}