Die Heer droog al die trane af

 Die lewe het ook sy hartseer. In ons gemeente en daarbuite is daar vandag mense wat huil oor die seer wat hulle beleef. 

Somtyds wens ek dat ek alle mense hul pyn  kan spaar.
Ek staar na die straathoeke en sien desperate mense opsoek na uitkoms. 
Ek sien mense in rolstoele wat bedel. Ek sien blindes wat aan die arm gelei word tussen straatverkeer. 
Ek sien moeders met babas en kleinkindertjies op besige interseksies wagtend op uitkoms. 
Ek sien kinders wat geen heenkome het nie, soekend na ʼn adres. Mens sien stukke karton en verinneweerde straatadvertensies waarop mense se lewensverhale en kontekste geskrywe staan. 
Bykans sonder uitsondering onder aan : God bless.
Ek hoor Matt 25 : Ek was honger, sonder n adres, wees, desperaat…


p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}