15 Februarie 2017 – Psalm 16 :6

Psalm 16 :6

‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.

Ek staan verleë oor God se goedheid. Enersyds is ek so dankbaar vir die oorvloed genade en seën, liefde en omgee, sorg en omgee wat ek daagliks uit sy Hand ontvang.
Die wêreld om my is stukkend en gaan meermale gebuk onder groot uitdagings, Die jongste werkloosheid syfers is pas weer bekend gemaak en dit ontstel ʼn mens om te dink na nagenoeg ʼn kwart van alle mense wat wil werk nie ʼn betrekking kan bekom nie. Werkloosheid onder jongmense is veel hoër.
Watter hoop bied dit aan ʼn jongmens wat aan die begin van die pad staan as hy /sy uit huis uit, selfs met matriek of ander naskoolse kwalifikasies, nie ʼn geskikte pos kan verseker nie. Miskien moet werkgewers tevrede wees met kleiner winste, aandeelhouers met minder dividende en groot ondernemings se uitvoerende amptenare tevrede wees met kleiner pakkette sodat swaarkry mense akkommodeer kan word.
Gewone mense kan egter ook hul bydrae lewer deur op konkrete wyse by te dra tot skoling en onderhoud van veral huiswerkers se kinders. Hoe bekostig ʼn huiswerker dit om ʼn kind op Universiteit te akkommodeer?
Ek het juis tans met die hartseer verhaal van ʼn ma wat haar dogter “uit die Universiteit” moes haal omdat haar vader skielik oorlede is en die moeder twee dae in ʼn week werk.
Dis in sulke tye dat ek bid dat die Here ons oë sal open dat ons kan doen wat ons hand vind om te doen en terselfdertyd die gawe van middele en geleenthede nie as vanselfsprekend neem nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}