14 Maart 2017 – Geweld onhoudbaar

Geweld onhoudbaar 

Geweld het onhoudbaar geword in Suid Afrika. Dat tientalle mense daagliks in ʼn sg beskaafde land, ʼn Christelike land, meer dikwels brutaal aangerand en vermoor word skree ten hemel.
Wat staan Christene te doen? Passief toekyk kan tog nie die antwoord wees nie. Ewe brutaal optree is uiteraard nie eers oop vir oorweging nie.
Jou ander wang draai, ʼn tweede myl saamstap, jou onder kleed ook gee as jou bo kleed gevra word?
MATTEUS 5:41
As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer?
Dis nie appels met appels vergelyk nie!
As jou vyand honger het gee hom iets te ete?
ROMEINE 12:20
“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”. Die interessante is dat dit juis is wat gebeur, die barmhartige Samaritaan word vermoor.
Ek het nie antwoorde nie. Christene sal in die gees (Gees) moet onderskei wat hul te doen staan.
Dit begin en eindig egter by gebed.
Daaroor kan en hoef ons nie te twyfel nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Hoe moeilik moet dit nog met ons gaan voordat ons erns maak met ons geloof?