11 Maart 2017 – Waarvoor sal jy die strate invaar?

Waarvoor sal jy die strate invaar?

In die afgelope twee dae was daar ten minste twee protesoptredes in Pretoria. Die een was ʼn mars teen xenofobie en die ander die DA teen die onbevoegde minister van Maatskaplike sake.
Waarvoor sal jy en ek die strate invaar?
Ons sê maklik dis nie ons kultuur nie, dis nie die manier waarop ons dinge doen nie. Mag so wees maar hoe spreek jy dan jou ontevredenheid met die status quo uit?
Of ons internaliseer dit, of ons rasionaliseer dit. Ons praat nie daaroor nie want dit ontstel ons of ons vind verskonings waaroor ons nie iets probeer sê en doen oor goed waaroor ons hartstogtelik saamstem nie.
Ten minste doen hierdie mense iets.
Dis dalk tyd dat ons uit ons gemaksones tree en iets prakties, sigbaar en hoorbaar begin doen oor die goed wat ons so oneindig ontstel in Suid Afrika.
Waaroor sal jy die strate invaar?